Vir die uitgestrekte noord-oostelike wyke van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos is die eerste kerkie (tans die kerksaal) in 1935 gebou op een van vier erwe in Rietfontein wat van die Innesdal Munisipaliteit gekoop is. Die hoeksteen met die woorde “Ek grondves jou in saffiere” uit Jesaja 54:11 is op 22 Junie 1935 gelê. In 1942 is hierdie kerkie vergroot en in 1955 omskep in ‘n saal. In 1940 is die huidige pastorie noord van dié kerkie gebou.
Vir foto's van ons kerksaal sien asseblief ons Foto Gallery (Kerksaal).
Terme en Voorwaardes | Administration © Gereformeerde Kerk Innesdal Gemeente - All rights reserved